Op Soek na Werk

ek wou nog altyd beekforel
vir ontbyt hê

Skielik vind ek ‘n nuwe pad
na die waterval

Ek raak haastig.
Word wakker,

sê my vrou,
jy droom

Maar as ek probeer opstaan,
kantel die huis.

Wie droom?
Dis middag, sê sy.

My nuwe skoene wag by die deur.
Hulle glinster.

Vry vertaal. Raymond Carver se gedig (uit A New Path to the Waterfall).