oor gebed
jy vra my hoe om te bid tot iemand wat nie is nie?
ek weet slegs dat gebed ‘n fluweelbrug bou
dat ons hoog daarop loop soos op ‘n springplank
bo landskappe van ryp goud
verander deur ‘n vreemde stilstand van die son.
hierdie brug lei to die strand van Omkeer
die teenorgestelde van “is”
en openbaar aan ons ‘n onverwagse betekenis.
let wel: ek sê ons; waar elkeen afsonderlik
medelye betoon met die ander vleesgevangenes
en weet dat ons hierdie lugbrug sal bly loop
al is daar geen ander strand nie.
Vry vertaal. Czeslaw Milosz se gedig.