welkom

berge lig en tronend raamloos
rondom ons, nog naamloos
met gebare gebroke klanke en kloue
gletsers. wit woude skilfer
teen hange, in houthuise brand mense
met kruise, besweer die vreemde
keer die onvermydelike sien
die onsigbare hoor die stilte
droom die werklikheid. ons is hier
waar ons moet wees, wees hier
waar ons moet wees, welkom